forex trading logo

Landgoed Lapas
Print

Braaivleis, Rugby, Sonskyn en Chevrolet!!!!

 

Ja, dit het sinoniem geraak met ‘n lekker kuierplek onder ‘n lapa.  ‘n Lapa is altyd ‘n gesellige kuierplekkie en skep die atmosfeer van rustigheid en koel kalmte.

 

Dit voeg noemenswaardige waarde tot u eiendom – u trots!  U kuierplekkie!

 

Landgoed Lapas

Wees egter versigtig indien u ‘n lapa wil oprig:

·        Maak seker dat ‘n deskundige dit doen onder behoorlike toesig

·        Moet nie sommer iemand van die straat summier aanstel nie – ofskoon dit goedkoop blyk te wees, kan dit u baie duur te staan kom

·        Maak seker dat slegs SABS materiaal gebruik word bv. arseen behandelde pale en latte, 3.14 gegalvaniseerde bind draad, Kaapse dekriet, nylon poli propileen dek tou, 10mm gegroefde staalstawe, veselglas nok ens, ens, ens.

·        Moet nooit ‘n deposito vooraf betaal nie!  Hy gaan wegloop voor hy begin ...

·        Dring aan op ‘n waarborg en na konstruksie diens

 Vir totale gemoedsrus en meer inligting, kontak ons gerus hier.

 

 


Powered by Joomla!. Designed by: ThemZa themes ntc hosting Valid XHTML and CSS.